28 Desember 2014

2014 Was dit 'n aanjaar of 'n afjaar?

Jan vra ons oppinie oor wat Pilatus gesê het: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus?"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


21 Desember 2014

Die simptome van 'n herstelde verhouding

Jan deel met ons oor Gal 5:1 "Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie." en Gal 5:22 "Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


14 Desember 2014

Die werking van die Liefde

Jan deel met ons oor Eph 4:11-13 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


07 Desember 2014

Die liefde van God - in ons harte uitgestort

Jan deel met ons oor Rom 5:1-10. Kan jy vir 'n oomblik stop en sê: Here U vermoë in my, is groter as hierdie aanslag. U genesing in my is groter as die diagnose. U vermoë in my is groter as die aanslag op my huwelik, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


30 November 2014

Ons roem in die hoop

Jan deel met ons oor (Rom 5:1-5) "Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God. En nie alleeen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is - deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


23 November 2014

Ervaar vs Glo

Johann deel met ons oor ervaar versus glo. (1 Kor 10:13) in Mirror Bible: "Your situation is not unique! Every human life faces contradictions! Here is the good news: God believes in your freedom! He has made it possible for you to triumph in every situation that you will ever encounter!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


16 November 2014

Ontdek jouself in God se spieël - Ontdek God in jou spieël.

Francois du Toit deel met ons oor die vleeswording van die Woord. "Wanneer die Gees van Waarheid Sy sin met ons kry,maak die waarheid ons vry om met ge-opende oë in die spieël te kyk. Daar sien ons in die refleksie van onsself, in plaas van die mislukte pogings van die mens onder die Ou Verbond,die volmaakte herskepping van God se oorspronklike gedagte met die mens (na Sy beeld en gelykenis) in die herskepping wat plaasgevind het in die opstanding van die Seun van God uit die dood!" (2 Kor 3:17 & 18)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


09 November 2014

Hoe om jou pin te gebruik

Jan deel met ons oor "Hoe om jou pin te gebruik" (Rom 5:1) "Omdat ons dan deur die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus deur wie ons ook deur die geloof toegang verkry het tot die genade waarin ons staan..." (Rom5:21)"...sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur geregtigheid tot die ewige lewe.."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


02 November 2014

Die saak behoort aan die Here

Johann deel met ons oor die geskiedenis van Josafat, sy oorwinning oor die Moabiete en Ammoniete. 2 Kron 20 : 14 & 15 " Toe kom die Gees van die Here in die midde van die vergadering op Jahasiel...en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Josafat! So sê die Here aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie,WANT DIE STRYD IS NIE JULLE SAAK NIE, MAAR DIE SAAK VAN GOD.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


26 Oktober 2014

Waaraan is jy geanker?

Piet deel met ons oor 2 Pet 1:3 en verder. "Immers, Sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur Sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare belofte geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


19 Oktober 2014

Om die heerlikheid van God te aanskou

André deel met ons oor Joh 17:22 en 24 "En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wereld."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


12 Oktober 2014

Sonde - Geen verdraagsaamheid!

Jan deel met ons oor 1 Sam 15:22 "Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffers; om te luister is beter as die vet van ramme." 2 Kor 3:6 "...maar ons bekwaamheid is uit God wat ons bekwaam gemaak het as dienaars van 'n Nuwe Testament, nie van die letter nie, maar van die Gees; want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend. "

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


05 Oktober 2014

One small step for man

Jan deel met ons oor 2 Kon 3 - 6. Wat het jy in jou huis, wat het jy tot beskikking? Jy weet God werk die wonderwerke, maar hy werk dit deur ons. 2 Kon 6:17 "Here open tog sy oë, dat hy kan sien! "

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


28 September 2014

Wat kom jy nog kort?

Jan deel met ons oor 2 Pet 1:3&4 "Immers, Sy godelikke krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur Sy heerlikheid en deug waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle; die verdorwenheid ontvlug het wat deur die begeerlikheid in die wêreld is...."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


21 September 2014

Word dronk van die Gees

Daniël deel met ons oor (Efes 5: 18) Moenie dronk word van wyn nie - daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


14 September 2014

Hoe praat God nou met ons

Jan deel met ons oor hoe God met ons praat. Rom 10:8 "Naby jou is die Woord, in jou mond en in jou hart. God praat 1ste deur sy Woord, nie deur omstandighede nie, dan deur sy Gees (hoe hoor jy sy stem?) Dan praat God ook deur die prediking.( Heb 12:7 & 8 )"...en Ek sal Vrede as julle owerheid aanstel en Geregtigheid as julle bestuurders."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


07 September 2014

Die evangelie in Rusland

Leon du Toit deel met ons oor die evangelie in Rusland. Jes 61:1 Die Gees van die Here Here is op My omdat die Here My gesalf het om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenis 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


31 Augustus 2014

Kinders - NT opvoeding

Jan deel met ons oor Nuwe Testamentiese kinderopvoeding. (Matt.19:14) "Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie om na My te kom nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemel"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


24 Augustus 2014

Die 2 dope

Jan deel met ons 1 Kor 10:1 & 2 "Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see. Joel 2:28 "En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


17 Augustus 2014

Die doop (2)

Jan deel verder oor die doop.
Jes 40:4 & 5 "Berei in die woestyn 'n weg van die Here; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God. Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel klein gemaak word, en die bult moet gelyk en die rotsagtige plekke 'n laagte word. En die heerlikheid van die Here sal geopenbaar word."
Jes 51 :11 "So sal dan die losgekooptes terug gaan en na Sion kom met gejubel en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg !"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


10 Augustus 2014

Die doop

Jan deel met ons oor die doop. (Hand 2:38) "Bekeer julle, en laat julle gedoop word, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang." (Rom 6:5) " Want as ons met Hom saam gegroei het in gelykvormigheid aan Sy dood, sal ons dit tog ook wees in dié aan Sy opstanding."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


03 Augustus 2014

Jy is die raakpunt tussen die sigbare en onsigbare wêrelde

Jan deel met ons oor 2 Kor 4:18 " omdat ons nie let op die sigbare dinge nie maar op die onsigbare; die sigbare dinge is tydelik maar die onsigbare ewig." Die mens is die skakel tussen die Geeswêreld en die vleeswêreld. (Fil 3: 20) 'Want ons burgerskap is van die hemele..."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


27 Julie 2014

Keer terug na Sion met gejubel

André deel met ons oor Jes 51:11 'So sal dan die losgekooptes van die Here teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydakap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg. Wie's die viand? - kommer en gesug- waar gaan dit heen? - dit vlug weg. Jy's die krygsman; waarmee hou jy jou besig - met die daaglikse onderhoudswerk? (2 Tim 2:4)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


20 Julie 2014

Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is?

Henda deel met ons oor Gen 3:11.En Hy sê "Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?" (Hand 17:28 ) In Hom lewe ons beweeg ons en is ons. (Kol 1:28) Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in wysheid onderrig om elke mens volmaak in Christus voor te stel.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


13 Julie 2014

Dood en lewe lê in die mag van die tong (3)

Jan deel verder oor die mag van die tong. Joh 14:6 "Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom tot die Vader behalwe deur my nie. (Joh 8:32) en 3 Joh 1:3"...ek was baie bly toe daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel."
Die uitdaging is "wat is die integriteit van jou/my woord ?"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


06 Julie 2014

Dood en lewe lê in die mag van die tong (2)

Jan bevestig met ons Spreuke 18:21. Die tong van my is in staat om my hele lewe te stuur. Om die skip van my lewe, van my huishouding, die skip van my huwelik, die skip van verhoudings; die skip van Gemeente, te stuur. Uiteindelik wat vat ons saam met ons, as ons uit hierdie lewe uitgaan? Ons vat saam die lewe wat ons geskep het. Waarmee skep ons dit? Met ons mond. (Joh 7:38) en Eseg 47:7 & 11)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


29 Junie 2014

Dood en lewe lê in die mag van die tong

Jan deel met ons (Spreuke 18:21) "dood en lewe lê in die mag van die tong en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." asook (Jak 1:26). Jy sien, ek en jy het nodig om onsself die reg te ontsê van dit wat ek myself geoorloof geag het; maar eintlik nog altyd geweet het, diep in my hart; hierdie ding pas nie.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 Junie 2014

Laat die wat dors het kom

Jan deel met ons Jes 55:1 " O almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


15 Junie 2014

Ek kort niks

Jan deel met ons oor Psm 23. "Ek kort niks" Daar is iets wat ons moet raaksien hier; van wat dit beteken om niks te kort nie. Om niks te kort nie, is om op die plek te wees, waar die tekort nie meer saak maak nie. Dit beteken nie, dat my huwelik uitgesorteer is nie; dit beteken ook nie my finansies is in plek nie; dit beteken ook nie dat die genesing al gemanifisteer het in my liggaam nie, maar hier waar ek nou is, hier kort ek NIKS.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


08 Junie 2014

Maak kontak met God

André bevestig hoe om met God te kommunikeer. As ons vasgevang word in die gejaag van die wêreld, hoor on nie God se "ringtone" nie. God het alles moontlik gemaak sodat ons in verbinding kan kom met Hom; om afstand te oorkom. Die eerste vereiste om in te gaan is vrymoedigheid. Dit maak nie saak hoe ons lofprys nie, God is klaar beindruk met ons. (Rom 12:1) (Hand 3:19)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


01 Junie 2014

Laat dit wees soos jy glo

Daniël deel met ons oor WAT ons glo. (Mat 8:13) Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy GEGLO het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur. God se hart vir ons is "'n change of hart & mind" METANOIA - 2 Pet 3:9 nie net 'n "change of mind " nie (METANOIO)


Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


25 Mei 2014

Jesus, a Life changing experience

Piet Jacobs deel met ons oor die oorvloedslewe wat beskikbaar is vir elkeen van ons. 2 Kor 5:17/21. " want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom." 1 Kor 6:20 Julle is duur gekoop, verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort. 'n Koop finaal afgehandel - losgekoop - bekragtig -'n gees v Wysheid - Openbaringskennis v Hom.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


18 Mei 2014

God se rus (2)

Jan deel met ons oor God se rus. Heb 4:11 "Laat ons ons dan beywer om in te gaan in die rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid val nie"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


12 Mei 2014

Om in God se rus te gaan

Jan bevestig Amos 3:3 "Sal twee met mekaar saamwandel tensy hulle eers afgespreek het"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


04 Mei 2014

Die openbaring van die koning

Jan deel met ons oor die openbaring van die koning. Matt 13:52 "Daarom is elke skrifgeleerde wat 'n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos 'n huisheer wat uit sy skat ou en nuwe dinge te voorskyn bring"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


27 April 2014

Onvoorwaardelike toewyding en betrokkenheid by

Jan Deel met ons oor "commitment".
God is nie in die beskuldiging besigheid nie, "He's looking down in tender LOVE. So God kyk af in sy tedere liefde, nie om fout te vind nie, Hy kyk om te sien, is daar nie 'n geleentheid waarin Hy HOMSELF , SY LEWE, SY LIEFDE, SY DROOM, in ons harte kan openbaar nie, sodat die strome van Lewende Water uit ons binneste kan vloei.
Gal 5:13 Julle is tot Vryheid geroep broeders, gebruik net nie julle Vryheid as aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar in liefde !

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


20 April 2014

Werktuie van geregtigheid

Jan deel met ons oor Rom 6 :13 "En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God." en in die Mirror vertaling,
"En moenie julle lede los onbewaak laat rondlê in die omgewing van ongeregtigheid nie. Dis waar sonde dit beetkry en as wapen teen jou gebruik. Wees liewer vir God beskikbaar as iemand wat uit die dood opgestaan het en jou liggaam as 'n wapen van geregtigheid."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


13 April 2014

Veranderde harte

Jan deel met ons oor verandering van hart. Ps 84:5 "Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. As hulle deur die droë laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


06 April 2014

Eer (Respek) jou vader en jou moeder

Jan deel met ons oor respek. Efes 6:1 sê Paulus "Kinders julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg." As ons harte verander het dan leef ons respek, maar as ons harte nog nie verander het nie, dan moet ons nog respekteer. As kinders verstaan wie hulle is, is respek 'n vrug van geregtigheid, en as hulle verstaan wie hulle ouers/onderwysers is, dan sal hulle outomaties respek toon. Metanoia /Metanoeo

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


30 Maart 2014

Ons is geroep om te seën

Jan deel met ons oor die konsep van "seën" 1 Pet 3:9 "Vergeld geen kwaad met kwaad of skeldwoorde met skeldwoorde nie, maar seën inteendeel,omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


23 Maart 2014

2 Adams, 2 soorte geloof, 2 soorte hoop, Nou: 2 soorte liefde !

Jan deel met ons oor die twee soorte liefde nl. Agapae (God se liefde) en phileo (die mens se liefde). Agapae wil my aan die einde van phileo bring.
1 Kor 13:13 Nou bly geloof, hoop en liefde, maar die grootste hiervan is die liefde.
2 Kor 5 :14 Want die liefde van Christus dring ons.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


16 Maart 2014

God se droom vir my

André deel met ons om in pas te kom met God se droom. Hy begeer dit, maar begeer ek dit ? 1 Joh 1:1 - 4. "Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aanskou het en ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


09 Maart 2014

Die hoop wat nie beskaam nie

Jan deel met ons oor die twee vorme van hoop, nl. die hoop wat beskaam en die HOOP wat Nie beskaam nie. Heb 12:1 "Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop - 'n bewys van wat ons nie sien nie. 1 kor 13:13 "Nou bly geloof, hoop en liefde, maar die grootste hiervan is die liefde"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


02 Maart 2014

'n Uitklophou vir minderwaardigheid

Jan bevestig ons met Jes 54:14 "Deur geregtigheid sal jy bevestig word, wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


23 Februarie 2014

God se droom - oorwinning vanuit intimiteit met jou

Jan deel met ons oor Hooglied 6:3 "Ek is my beminde s'n en Hy is myne...."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


16 Februarie 2014

Jou grootste oorwinnings!

Jan deel met ons oor 2 Pet1:3 "Immers Sy goddelike krag (dunamis = krag + vermoë, bv. ingenieurs struktuur) het ons gekonstrueer met alles (vermoë) om te lewe (zoe - Job 10:10) sonder dat ons daaglikse doen en late inmeng met ons toewyding en aanbidding (liefdesverhouding) eusebeia eu = goed + sebomai = toegewy / toewyding. Deur die kennis wat by Hom is (Genitief) aangaande my oorsprong - om my ast’ware aan die ware ek voor te stel - tot die verhewe oorspronklike posisie! (doxa - sy oorspronklike bedoeling met my in die skepping van Adam)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


09 Februarie 2014

Aan sulkes behoort die koninkryk van God

Jan deel met ons oor toe Jesus die kindertjies geseën het ...want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Die aarde sal vol wees van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem bedek !(Hab 2:14/ Jes 11:9)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


02 Februarie 2014

Wees vrugbaar

Jan deel met ons oor "Wees vrugbaar"
Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde...(Gen 1:28)
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies...(Matt 28:19)
Julle sal my getuies wees...(Hand 1:8)
Ons tree dan op as gesante om Christus wil, laat julle met God versoen...(2 Kor 5:20)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)



26 Januarie 2014

Gee my 'n man!

Jan deel met ons oor die konsep van Goliat se uitroep "Gee my 'n man wat teen my kan veg" (1 Sam 17:10)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


19 Januarie 2014

Die domino effek

Die sleutel vir die jaar wat voor ons lê, is om 'n versoening te kry tussen wie jy werklik is, en God se Gees. Kan jy toelaat dat God se Gees jou met Hom versoen. (2Kor3:18) ..en terwyl ons almal met 'n onbedekte gesig soos in 'n spiel die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid as deur die Here wat die Gees is.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


12 Januarie 2014

'n Wen kultuur 2

André Olivier deel verder oor 'n wen kultuur.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


05 Januarie 2014

'n Wen kultuur

André Olivier deel met ons oor 'n wen kultuur.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)