Wys tans plasings met die etiket Doop. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Doop. Wys alle plasings

15 Desember 2015

Die ware teenoor die valse

Ons is bevoorreg om nog ʼn nuweling babaseuntjie in die gemeente te verwelkom. Ons seën babas deur te bevestig dat hulle , soos elkeen van ons die produkte is van die Seun se sterwe en opstanding wat die mens se status voor God verander het van sondaar na regverdig. Daarteenoor verbind die kinderbesprinkeling babas aan die val van Adam. Met die ware doop waaroor elke gelowige self besluit, identifiseer gelowiges hulle met die offer van Jesus! Hierdie offer sluit alles in - elke moontlike belofte wat God gemaak het. - Jesus is God se ja daarop. As ons Israel volg op hulle uittog lees ons dat God Moses by geleentheid opdrag gee om die rots te slaan- waaruit daar genoeg water gevloei het om almal te laat drink. (Exodus 17:6) Paulus verklaar in 1 Kor. 10 dat die Rots Christus was. Daarom dat God by die volgende geleentheid vir Moses opdrag gee om met die Rots te praat. Die Rots kan nie 'n tweede keer geslaan word nie! Een offer was genoeg!! Moses slaan egter weer die rots. (Num 20:11) Dit kos hom die beloofde land! Hierdie voorbeeld het n direkte toepassing op ons lewens vandag!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


18 Oktober 2015

Wedergeboorte

Jan deel met ons oor Wedergeboorte (1 Pet 1:3 & 23) "Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode....(23) want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


20 September 2015

Om ons kinders te seën

Jan deel met ons oor Mat 18:33 "Voorwaar ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit die koninkryk van die hemele ingaan nie!"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


30 Augustus 2015

Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie...

Jan deel met ons oor Mat 11 :25 & 26 "Ek loof U Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit U welbehae."

Die MP3 kan hier gekry word.

(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)