15 Desember 2015

Die ware teenoor die valse

Ons is bevoorreg om nog ʼn nuweling babaseuntjie in die gemeente te verwelkom. Ons seën babas deur te bevestig dat hulle , soos elkeen van ons die produkte is van die Seun se sterwe en opstanding wat die mens se status voor God verander het van sondaar na regverdig. Daarteenoor verbind die kinderbesprinkeling babas aan die val van Adam. Met die ware doop waaroor elke gelowige self besluit, identifiseer gelowiges hulle met die offer van Jesus! Hierdie offer sluit alles in - elke moontlike belofte wat God gemaak het. - Jesus is God se ja daarop. As ons Israel volg op hulle uittog lees ons dat God Moses by geleentheid opdrag gee om die rots te slaan- waaruit daar genoeg water gevloei het om almal te laat drink. (Exodus 17:6) Paulus verklaar in 1 Kor. 10 dat die Rots Christus was. Daarom dat God by die volgende geleentheid vir Moses opdrag gee om met die Rots te praat. Die Rots kan nie 'n tweede keer geslaan word nie! Een offer was genoeg!! Moses slaan egter weer die rots. (Num 20:11) Dit kos hom die beloofde land! Hierdie voorbeeld het n direkte toepassing op ons lewens vandag!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking