27 Julie 2014

Keer terug na Sion met gejubel

André deel met ons oor Jes 51:11 'So sal dan die losgekooptes van die Here teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydakap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg. Wie's die viand? - kommer en gesug- waar gaan dit heen? - dit vlug weg. Jy's die krygsman; waarmee hou jy jou besig - met die daaglikse onderhoudswerk? (2 Tim 2:4)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


20 Julie 2014

Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is?

Henda deel met ons oor Gen 3:11.En Hy sê "Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?" (Hand 17:28 ) In Hom lewe ons beweeg ons en is ons. (Kol 1:28) Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in wysheid onderrig om elke mens volmaak in Christus voor te stel.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


13 Julie 2014

Dood en lewe lê in die mag van die tong (3)

Jan deel verder oor die mag van die tong. Joh 14:6 "Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom tot die Vader behalwe deur my nie. (Joh 8:32) en 3 Joh 1:3"...ek was baie bly toe daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel."
Die uitdaging is "wat is die integriteit van jou/my woord ?"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


06 Julie 2014

Dood en lewe lê in die mag van die tong (2)

Jan bevestig met ons Spreuke 18:21. Die tong van my is in staat om my hele lewe te stuur. Om die skip van my lewe, van my huishouding, die skip van my huwelik, die skip van verhoudings; die skip van Gemeente, te stuur. Uiteindelik wat vat ons saam met ons, as ons uit hierdie lewe uitgaan? Ons vat saam die lewe wat ons geskep het. Waarmee skep ons dit? Met ons mond. (Joh 7:38) en Eseg 47:7 & 11)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)