Goeie Nuus Kampe 2016!!


Goeie Nuus kampe is presies wat dit sê: 
GOEIE NUUS!

15-17 April 2016      Huwelikskamp
3-5 Jun 2016           Mannekamp Heidelberg
22-24 Jul 2016         Mannekamp
12-14 Aug 2016       Vrouekamp
21-23 Okt 2016        Huwelikskamp
18-20 Nov 2016        Huwelikskamp Heidelberg

Die onstaan van die gemeente het gegroei uit die openbaring van die Geregtigheid van God, die implikasies van die volledige offer wat die Seun van God namens en vir die mens gebring het. Dit verduidelik dat ‘n liefdevolle Hemelse Vader, Sy liefdesskepsel, die mens so lief gehad het dat Hy Sy Seun gestuur het om die onreinheid en met wat sonde gebring het te kom uitwis sodat God en mens weer in die vrymoedigheid van onskuld verhouding kan hê.

Die GOEIE NUUS is so aangrypend dat die behoefte ontstaan het om dit met soveel mense as moontlik te deel. Die godsdienstige mens is egter deur geslagte se oorlewering oortuig dat die mens, na die opstanding van Jesus, steeds sondaar gebly het voor God. Godsdiens is immers grootliks gebou op die sondaarskap van die mens!

Met ‘n naweekkamp is daar geleentheid om oor 7 sessies God se droom en die volle waarheid van Golgota, sistematies in volgorde te verduidelik en uiteen te sit. Dit gee elkeen geleentheid om die vrae te vra waarvan soveel geglo het dat daar nie antwoorde voor is nie, en om geleentheid te kry om die ‘anderkant van die muntstuk’ te sien en uiteindelik ‘n ingeligte besluit te neem oor wat hy/sy glo!

Die kampe daag oorlewering uit met God se Woord: “Daar is geskrywe” in die konteks van ‘n Nuwe Testament. Dit is Woordkampe! Die klem is op die Woord en die ontdekking en ontwikkeling van ‘n vrymoedige verhouding met Hom!
Dit volg dat die oorgroote meerderheid van mense wat aan die Goeie Nuus blootgestel word, aanklank daarby vind en met die boodskap begin saamvloei.

Die kampe gee geleentheid vir die uitgebreide familie buite Vaalharts om gereeld bymekaar te kom vir broederskap en bevestiging. Terselfde tyd gee dit vir elkeen die geleentheid om iemand saam te nooi en bloot te stel aan die Goeie Nuus wat elke keer weer opgesom en deurgetrek word vanuit ‘n nuwe invalshoek én met die nuwe openbaring daarin wat God intussen deur Sy Gees aan ons toevertrou het.

Registreer deur kontak te maak met : 
Anasja Brand   072 380 3846