Prente



Jan teken gereeld ‘n paar prente wat julle nie kan sien nie. Ek het dit vir julle op gelaai sodat julle ook 'n idee kan kry van waarna hy verwys.

Hierdie prent verwys na ons. Die buitenste kring ons liggaam, die boonste een is ons siel en die onderste een is die plek waar die Heilige Gees woon.


Toe Adam die verkeerde keuse uitoefen om van die boom van die kennis van goed en kwaad te eet kon die Heilige Gees nie meer saam met hom in een liggaam woon nie.

Die gevolg was dat hy van God geskei was.



Adam het toe letsels op getel wat die simptome was van die toestand waarin hy verkeer het.

Die letsels is is al die ongeregtighede wat die gevolg is van sonde. Dit is al die dood slaan, steel, egbreek, rook en drink, ens wat die mens moes bestuur onder die wet.



Die offer wat Jesus aan die kruis vir ons gebring het, het al die onwaardigheid weg geneem en ons het weer regverdig (Reg Vir Die Gees) aan die anderkant gestaan.



Nou kan ons vir God nooi om sy regmatige plek in ons hart te kan kom in neem.

Met die Woord wat die geleier is kan die Gees die parskuip vol maak sodat die salwing oor ons kan uitstort en die fontein van lewende water uit ons binneste uit vloei.