Wys tans plasings met die etiket Salwing. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Salwing. Wys alle plasings

20 Desember 2015

Die blywende langtermyn oplossing

Die afdwing en toepassing van 'n / die wet is die maklike en vinnige wyse om dissipline af te dwing. Die dryfkrag is die vrees vir straf. Liefde werk nie deur vrees nie. Daarom het Jesus die straf kom dra. Liefde werk deur keuse en laat tyd toe vir die uitoefen daarvan. Liefde soek 'n hartsverandering, werk nie met dwang nie, trek met koorde van goedertierenheid. Dissipline so verkry is blywend en is nie vertoon soos in die vreesmodel nie. Net so is die beloftes van God. Die vinnige maklike pad is om iemand met salwing te kry om hande op te le. Die blywende stadiger oplossing is vir elkeen om te kom tot die volwasse man! Naby jou is die Woord, in jou mond en in jou hart. (Rom. 10:8)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 November 2015

Die salwing vloei vanuit intimiteit

Henda bevestig ons identiteit in Christus. Hoe oortuig is ek van my identiteit? Waar lê jou gesag? Gee jy dit weg? Bevestig deur intimiteit jou gesag! Efes 5:27 sê jy’s heilig, sonder gebrek, sonder vlek of rimpel, so staan jy voor die Here. Glo ons dit? Dis hoe God jou sien. Wees oortuig dat jy onskuldig is. Exodus 4:12 "GAAN dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees, en jou leer wat jy moet sê."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


25 Oktober 2015

Volg hom na!!

Jan deel met ons oor Efes 5:1 tot 21 "Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


13 Oktober 2015

Die vloei van salwing in die gemeente

Jan deel met ons oor die vloei van salwing in die Gemeente. Heb 10:18 ~26...vers 24.. en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan..."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)