03 April 2016

God se Gees maak die verskil

Baie gelowiges worstel met 'n gebrek aan oorwinning in hul daaglikse lewens. 'n Moontlike rede is, dat ons "verhouding" eerder gemodifiseerde gedrag is as om versoen te wees met die nuwe skepping. Daarvoor is die plofkrag van God se Gees nodig - die ware geesgeboorte!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)



27 Maart 2016

Bewaar jou hart

Geregtigheid is nie iets wat ek ontvang en ook het nie. Geregtigheid is die Nuwe Testamentiese definisie van die mens! Versoening met die Here wat my gedefinieer het, en ook my geregtigheid is, is net moontlik as ek met Hom kan saamstem oor die prestasie in Sy dood en opstanding wat Hy namens my behaal het. Die resultaat sal 'n lewe wees wat vrugte dra wat by die bekering (veranderde denke) pas.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


Nuwe website vir gemeente

Die gemeente het 'n nuwe website gekry
Julle kan voortaan gaan na goeienuus.co.za om al die inligting en nuus daar te kry.
Die opnames vir die gemeente se dienste is ook nou daar.

20 Maart 2016

Vernuwing is gelyk aan visie

Wat ons sien en hoe ons onsself sien bepaal ons rigting en ons lewe. Ons het die voorreg om soos hy te sien en daarvolgens te lewe. Christus in ons die hoop op heerlikheid. Kom ons vernuwe ons denke sodat ons anders dink en praat. My begeerte is 'n lewende verhouding met die lewende God sodat lewende water uit my binneste vloei wat 'n positiewe verskil gaan maak met wie ek ookal te doen het!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


13 Maart 2016

Die simptome van geregtigheid

Soos wat sonde die oorsaak was dat God en mens van mekaar geskei is, is geregtigheid die "gom" - die herstel waarmee God die mens in Sy Seun weer aan hom verbind het. Uit die oortuiging van die waarde van die offer word die liefdesverhouding herstel wat die simptome van God se lewe in ons sal dra. Ons leefwyse sal dus korrespondeer met wie ons is. 'n Lewe van geestelike mislukking en frustrasie dui slegs daarop dat ons die boodskap nog nie verstaan nie - die openbaring daarvan nie het nie.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


06 Maart 2016

Die suigstokkies van die lewe

Anton deel met ons oor die suigstokkies van die lewe.
Die opsomming van sy bediening kan hier gekry word.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)



28 Februarie 2016

Nuwe generasie - Nuwe liefde

André deel met ons oor die nuwe generasie, die nuwe liefde.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


21 Februarie 2016

Hou jou byl skerp!

Ingesluit in die pakket van die geregtigheid van God, vind ons alles wat nodig is vir die oorvloedslewe hier en nou - en uiteraard die voortsetting van die ewige lewe wat reeds nou begin het in die ewigheid. Die oorvloedslewe vir nou kan ons saamvat as Beskerming, Genesing en Voorsiening. Hierdie drie vloei vanuit en manifesteer deur verhouding. Van die begin af hou God aan ons die twee weë voor - Die lewe en die dood, die seen en die vloek, die boom van kennis of die boom van die lewe. Psalm 1 spel die twee weë nogeens uit. Hy eindig met: Die sonddaar kan nie bestaan in die vergadering van die regverdige nie. Die keuse is weereens: Sondaar of regverdig! Die hoë weg van geregtigheid is verhouding. Daaruit vloei die lewe in oorvloed..Die manifestasie van die drie waarin ons oorlewing lê, sluit nie noodwendig verhouding in nie, maar verhouding sluit al drie komponente van oorlewing in. Dit laat my opvaar met vleuels soos die van 'n arend, laat my sit in hemelse plekke en vanuit daardie posisie kan die slaggate van die lewe - wat nog daar is - geen invloed meer op my oorvloedslewe uitoefen nie!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


14 Februarie 2016

Aan sulkes behoort die koningkryk!

Jesus sê: Laat die kindertjies na My toe kom.
....aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

Kinders is absoluut onskuldig en daarom ook vrymoedig. Die openbaring van ons onskuld voor God op grond van die offer van Sy Seun gee vir ons die vrymoedigheid nodig vir verhouding. Dit is uit so 'n verhouding dat gesag (koninkryk) vloei.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


07 Februarie 2016

Visie (5) - Opsomming

Opsomming: "SIEN JOUSELF SOOS GOD JOU SIEN" Sien jouself binne God se visie , sien jouself as deel van 'n Gemeente wat besig is met God se visie. Vind jou hierin, wees beskikbaar, betrokke, verantwoordelk, toegewy, word 'n bemarker, laat God toe om dit met jou te doen en jy sal sien hoedat die volwassenheid en die getuienis, en die leierskap en die prediking in jou opstaan, hoedat jy God se stem hoor en hoedat jy God se stem word, en hoedat God Sy doel kan bereik, dat die gemeente, dat ons gemeenskap vol sal word van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem bedek.(Hab 2:14)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


03 Februarie 2016

Visie (4) - Getuies & Leiers

Ons gaan voort om die visie van gemeente te definieer. Die instrument wat God gebruik om Sy doel te bereik is die gemeente - Efes 3:10. In die gemeente ontwikkel Hy die volwasse man, getuies, leiers, gesante (predikers) en so word gemeente God se stem op aarde. God het ons bemagtig tot ver bo wat ons kan bid of dink - ons het slegs nodig om te sien soos Hy sien! Wanneer ons beskikbaar is, dan sal Suid Afika vol word van die kennis van die HEERLIKHEID VAN DIE HERE, soos die waters die aardbodem bedek (Hab 2:14).

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


24 Januarie 2016

Visie (3) - Geestelik volwasse

Ons praat steeds oor visie. Wat sien ons in die toekoms? As gemeente en individue het ons nodig om te sien soos en wat God sien. God sien nie aan wat voor oë is nie, Hy sien die hart aan. Sy oë deurloop die aarde om diegene kragtig te steun wie se harte onverdeeld op Hom gerig is (2 Kron 16:9) God weet dat Sy doel bereik kan word in elke mens wat sy/haar hart onverdeeld op God rig. God kan so iemand se visie lig om Sy visie te akkomodeer.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


17 Januarie 2016

Visie 2

Ons gaan voort om die visie van gemeente te definieer (Hab 2:14). Die instrument wat God gebruik om Sy doel te bereik is die gemeente - Efes 3:10. In die gemeente ontwikkel Hy die volwasse man, getuies, leiers, gesante (predikers) en so word gemeente God se stem op aarde. God het ons bemagtig tot ver bo wat ons kan bid of dink - ons het slegs nodig om te sien soos Hy sien!

 Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


10 Januarie 2016

Visie

Die visie van gemeente wees moet uiteraard ooreenstem met dit wat God sien vir die gemeente. Hab 2:14 "Die aarde sal vol wees van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem bedek." Heerlikheid verwys na God se oorspronklike bedoeling. Die eerste "aarde" is elke individu se denke en persoonlike lewe, daarna die gemeente se denkwyse as geheel en vandaar na die mense rondom ons en verder!

God se bedoeling is dat almal sal kom tot die volwasse man, besig met hul dienswerk en dat die gemeentelede waarlik gestuuurdes sal wees met die getuienis van ons lewens. Dit sal van almal van ons dissipelmakers maak!


Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


03 Januarie 2016

Wysheid sal in jou hart kom

Die visie van gemeente is om saam met God te sien dat die aarde vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem bedek.(Hab 2:14)

Dit begin by my. My denke is die "aarde" wat vol word met God se heerlikheid (Sy oorspronklike plan met die mens.) Die eerste "aarde" is my denke, dan my huis, my besigheid, en die gemeente.

Hierdie oortuiging kom vanaf die oortuiging van vergifnis. Vergifnis gee vir ons onskuild. Saam met onskuld kom vrymoedigheid, gevolg deur die bevestiging van verhouding. Verhouidng (huwelik met Hemelse Bruidegom) bring my by intimiteit (liefdespel) waarin saadoordrag en bevrugting plaasvind. Bevrugting lei tot swangerskap en uiteindelik geboorte. Die liefdespel hoef nie tydens die swangerskap op te hou nie, geniet die liefdespel met God - dit bring wysheid, lankmoedigheid en vervulling selfs voordat die beloftes manifesteer. Dit bring uiteindelik die vervulling van die beloftes.


Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)