27 Desember 2015

Lydsaamheid

Heb 10:36 .."Nadat ons die wil van God gedoen het, het ons lydsaamheid nodig om die beloftes te verkry (gemanifesteerd te sien in my lewe)

Die wil van God is om die Een te glo wat God gestuur het. (Joh 6:36) Wat glo ons? Die absoluutheid van ons vergifnis. Die oortuiging (om te glo) van die grootsheid en tydloosheid van God se vergifnis verdwerg elke siekte, gebrek, tekort en aanslag wat ons hier kan ondervind.

Moenie nog goed soek om te doen nie. Glo en geniet die liefdespel met God terwyl die uurglas op die probleme uitloop en net vergifnis; wat genesing en alle ander seeninge ontsluit, in ons lewens oorbly.


Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


20 Desember 2015

Die blywende langtermyn oplossing

Die afdwing en toepassing van 'n / die wet is die maklike en vinnige wyse om dissipline af te dwing. Die dryfkrag is die vrees vir straf. Liefde werk nie deur vrees nie. Daarom het Jesus die straf kom dra. Liefde werk deur keuse en laat tyd toe vir die uitoefen daarvan. Liefde soek 'n hartsverandering, werk nie met dwang nie, trek met koorde van goedertierenheid. Dissipline so verkry is blywend en is nie vertoon soos in die vreesmodel nie. Net so is die beloftes van God. Die vinnige maklike pad is om iemand met salwing te kry om hande op te le. Die blywende stadiger oplossing is vir elkeen om te kom tot die volwasse man! Naby jou is die Woord, in jou mond en in jou hart. (Rom. 10:8)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


15 Desember 2015

Die ware teenoor die valse

Ons is bevoorreg om nog ʼn nuweling babaseuntjie in die gemeente te verwelkom. Ons seën babas deur te bevestig dat hulle , soos elkeen van ons die produkte is van die Seun se sterwe en opstanding wat die mens se status voor God verander het van sondaar na regverdig. Daarteenoor verbind die kinderbesprinkeling babas aan die val van Adam. Met die ware doop waaroor elke gelowige self besluit, identifiseer gelowiges hulle met die offer van Jesus! Hierdie offer sluit alles in - elke moontlike belofte wat God gemaak het. - Jesus is God se ja daarop. As ons Israel volg op hulle uittog lees ons dat God Moses by geleentheid opdrag gee om die rots te slaan- waaruit daar genoeg water gevloei het om almal te laat drink. (Exodus 17:6) Paulus verklaar in 1 Kor. 10 dat die Rots Christus was. Daarom dat God by die volgende geleentheid vir Moses opdrag gee om met die Rots te praat. Die Rots kan nie 'n tweede keer geslaan word nie! Een offer was genoeg!! Moses slaan egter weer die rots. (Num 20:11) Dit kos hom die beloofde land! Hierdie voorbeeld het n direkte toepassing op ons lewens vandag!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


06 Desember 2015

Die verborgenhede van God geopenbaar

Die verborgenheid van God geopenbaar. Paulus beskryf hierdie verborgenheid as 1. Die heidene is mede-erfgename, deelgenote en medelede van Christus – dus 'n nuwe nasionaliteit. Ons burgerskap is nie van ras, taal of kultuur nie, maar op grond van geloof in die voltooide werk van Jesus Christus! Dit is die ware gemeente! 2. God se droom is dat nou deur die bogenoemde gemeente aan die owerhede en magte die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word (Efes 3:10). Dit gaan verder as wat die vlees kan waarneem - 1 Kor 2:9. In Efes 3:18 beskryf Paulus dit as die 4de dimensie - die van die Gees.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


29 November 2015

Dit is volbring

Jan deel met ons oor hoe bid ons nou en wat is gebed? Hoe om die ware jy te ontdek.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 November 2015

Die salwing vloei vanuit intimiteit

Henda bevestig ons identiteit in Christus. Hoe oortuig is ek van my identiteit? Waar lê jou gesag? Gee jy dit weg? Bevestig deur intimiteit jou gesag! Efes 5:27 sê jy’s heilig, sonder gebrek, sonder vlek of rimpel, so staan jy voor die Here. Glo ons dit? Dis hoe God jou sien. Wees oortuig dat jy onskuldig is. Exodus 4:12 "GAAN dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees, en jou leer wat jy moet sê."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


15 November 2015

Die implikasies van nuwe identiteit

Wat is jou posisie in die wêreld vandag, is jou posisie een van gelatenheid, ek moet maar berus en aanvaar of is jou posisie een van gesag van wat God ons gegee het? Geloof is nie om vir God te vra vir goed wat Hy moet doen nie. Geloof het 'n nuwe baadjie gekry. Geloof is om te aanvaar wat God gedoen het, dan beteken dit my vergifnis, genesing en die seën van God lê in die verlede. Al wat dan oorbly is " Die blydskap van die Here is my sterkte" Ons kan nou in Gesag optree, die Gesag wat Jesus vir ons verdien het, om te heers oor die mag van die vyand.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)



08 November 2015

Nuwe identiteit

André deel met ons oor ons nuwe identiteit in Christus.( 2 Kor 5:17)...die ou dinge het verbygegaan, kyk dit het alles nuut geword. Ons is toegerus om te heers/regeer. Die volheid van die Koning bly binne my en jou.
Hoe regeer ons?
1. Ons is gebore met dit.
2. Dit kom natuurlik.
3. Dis ons skeppingsdoel.
4. Dis die salwing wat die juk breek!
5. HY REGEER DEUR MY!!

 Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


01 November 2015

Nuwe generasie, nuwe heerskappy

André deel met ons oor Nuwe Heerskappy.  Die Heerskappy wat binne ons is, waaraan ons geen bydrae aan gemaak het nie, en waar ons in 'n situasie staan vandag waar ons kan heers. Dis God se hart vir ons, dis eintlik ons skeppingsdoel. Jes. 40;26 "Slaan julle oë op in die hoogte en kyk!.. daar word nie een gemis nie." Die Skepper het ons gemaak met die vermoë om te heers. Twyfel ons aan ons vermoë om te heers, as dit Hy is wat ons die vermoë gegee het?

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


25 Oktober 2015

Volg hom na!!

Jan deel met ons oor Efes 5:1 tot 21 "Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


18 Oktober 2015

Wedergeboorte

Jan deel met ons oor Wedergeboorte (1 Pet 1:3 & 23) "Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode....(23) want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


13 Oktober 2015

Die vloei van salwing in die gemeente

Jan deel met ons oor die vloei van salwing in die Gemeente. Heb 10:18 ~26...vers 24.. en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan..."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


04 Oktober 2015

Inklusiwiteit soos God dit sien

Jan bedien ons met 'n demonstrasie van die eerste en die Laaste Adam - voor en na die kruis.
Efes 1:4 "Soos Hy ons IN HOM uitverkies het van voor die grondlegging van die wêreld af, om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees." Ek en jy is WAARDIG , met een offer vir altyd WAARDIG. Ek en jy is die een wat God vertoon in hierdie lewe.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


27 September 2015

Face to face

André bedien ons met God se droom vir verhouding met Hom. Om tyd te maak om face to face met Hom te praat. Efes 1:3 Geseend met alle Geestelike seeninge in die hemele in Christus. (dis die volle pakket) dis eindeloos. Joh 1:16.. en uit Sy Volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Exodus 14: 13 - 16 Maar moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle sal bewerk: Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.Toe vra die Here vir Moses: Wat roep jy na My? ... En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit..."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


20 September 2015

Om ons kinders te seën

Jan deel met ons oor Mat 18:33 "Voorwaar ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit die koninkryk van die hemele ingaan nie!"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


13 September 2015

Die nuwe testamentiese tiende

Jan deel met ons oor Mal 4:2 "Maar vir die wat My Naam vrees sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kallers uit 'n stal!"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


06 September 2015

Waar bevind jy jou op die pad van herstel

Piet Jacobs deel met ons oor waar bevind jy jou op die pad van herstel?
Hy deel oor die 7 V's naamlik:
Verlore
Verlos
Vergifnis
Versoening
Vernuwing
Verander
Verruil
Rom 12:1 & 2 "Ek vermaan julle dan, broeders(sussies), by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer - dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef(bewys) wat die goeie welgevallige en volmaakte wil van God is.
(2 Kor 5:20) Ons is gesante van Christus.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


30 Augustus 2015

Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie...

Jan deel met ons oor Mat 11 :25 & 26 "Ek loof U Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit U welbehae."

Die MP3 kan hier gekry word.

(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


23 Augustus 2015

Ek is wakker oor My Woord

Jan deel met ons oor Jerm 1:12 waar die Here vir Jeremia sê: "Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my Woord om dit te volbring." Jerm 33:9 "En die stad sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n Lof en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


16 Augustus 2015

Die krag van jou besluit

Jan deel met ons oor Deut 30:13 - 19 "Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die dood, die seen en die vloek het ek jou voorgehou. KIES DAN DIE LEWE, DAT JY KAN LEWE, JY EN JOU NAGESLAG,..." Die reg tot besluit is liefdesgedrewe.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


09 Augustus 2015

Om te deel met jou verlede! (Fil 3:14)

Jan deel met ons oor Fil 3:14 "Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


02 Augustus 2015

Opinie of standpunt

Riaan deel met ons oor die verskil tussen 'n opinie en 'n standpunt? Hy gebruik Josef as voorbeeld. (Gen 37:4 tot 8.)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


26 Julie 2015

Identiteit in Christus

Jan deel met ons oor ons identiteit in Christus. (Spreuke 23:7) "Want soos hy in sy siel bereken, so is hy...." So ek is uiteindelik die produk van my denke. Wat dink God van my? Hy sien my sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, maar Heilig en sonder gebrek. So wie ek uiteindelik is, is die produk tot watter mate ek met God saamstem oor wat Hy met my gemaak het.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


19 Julie 2015

Saad bring voort volgens soort

Jan deel met ons oor Gal 6:7 "Maar dink daaraan; net wat die mens saai, dit sal hy ook maai..." Ek saai nie om iets te ontvang nie, dis nie die beginsel nie, ek saai uit wat ek ontvang. Hoekom?, omdat my hart in beweging gekom het. Omdat ek liefhet.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


12 Julie 2015

Vergenoegdheid

Jan deel met ons oor Fil 4:13 "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee" As ons nie vergenoegd is nie: dan is ons altyd ongelukkig met die min , maar nooit tevrede met die baie nie.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


05 Julie 2015

Die nuwe testamentiese gemeente 4

Jan deel met ons oor die Goeie Nuus van Efes 2:4 "Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons lief gehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus - UIT GENADE IS JULLE GERED...." Efes 1:18 "..verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is.."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


28 Junie 2015

Die nuwe testamentiese gemeente 3

Jan deel met ons oor Mat 5:6 "Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word." Jerm 31:12 "........en hulle siel sal wees soos 'n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


21 Junie 2015

Die nuwe testamentiese gemeente 2

Ja, tot vandag toe wanneer Moses gelees word , lê daar 'n bedekking oor hulle hart; ....En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


14 Junie 2015

Die nuwe testamentiese gemeente

Jan deel met ons oor "DIE NUWE TESTAMENTIESE GEMEENTE" Baie kinders loop met die Here 'n pad, maar hulle is nie in pas met Hom nie. Elkeen van ons is in God se hart geskryf, of ons in pas, of uit pas is. God het ons ewe lief, selfs as ek uit pas uit is, het Hy my lief. 2 Kor 2:15 "Want ons is 'n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan."Wat vir elke mens kan sê ...jy's waardig, omdat Christus jou waardig gemaak het. (Heb 5:12) Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.


Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


07 Junie 2015

Maak dit amptelik

Henda deel met ons oor wanneer ek en jy geanker is in Jesus Christus, kan die houe wat kom (die omstandighede wat kom) ons nie omgooi nie, want ons huis/voete staan op die rots; Jesus Christus. Maak dit amptelik om te se; ek is kind van God, ek stap 'n pad met Hom, Hy's die koning van my hart. Hy's die koning van my lewe, en ek buig my knie onder Sy gesag. ek gaan nie kompromeer met die wêreld nie. Kompromie verlam jou, en kompromie trek die mat onder jou gesag uit. (Rom 1:16 ) "want ek skaam my nie oor die evangelie (goeie nuus) van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


31 Mei 2015

God se droom - 'n intieme verhouding met Hom

Jan deel met ons oor God se droom ('n intieme verhouding met Hom) Jer 33:9 "En die sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n Lof en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en die vrede wat ek daaraan bewys!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


27 Mei 2015

Geregtigheid bring 'n nuwe opvoedingsperspektief

Johan bevestig aan ons die Geregtigheids boodskap aan die hand van die "Lion King" verhaal, en die toepassing daarvan in ouerskap. (Jerm 1:18) Want kyk, Ek maak jou vandag 'n versterkte stad en 'n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


17 Mei 2015

Koop die tyd uit

Jan deel met ons oor Efes 5:16 - 17 "Ontwaak jy wat slaap en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. Pas dan op dat julle nougeset wandel nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is." Dit is so maklik dat ons lewe, sonder om te "LEEF". Ons lewens is afgemeet, wat maak ons daarmee?

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


10 Mei 2015

Gees vaardighede


André deel met ons oor hoe om ons voor te berei teen die aanslae wat op ons pad mag kom. 1 Pet 3:15 "Maar heilig (purify) die Here God in julle harte (denke) en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen (alles) wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees." (1 Pet 5:8) "Wees nugter en waaksaam want julle teëstander, die duiwel loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


03 Mei 2015

Die eetkamer is die deurgang tot die troonkamer

As ons alles saamvat kom ons net na een ding terug, en dit is God soek intimiteit. God het ons gemaak vir intimiteit met Hom, Hy wag vir jou, hy staan by die deur en hy klop. Solank hy by die deur staan en klop, het ek nie intimiteit nie, maar terwyl ek intimiteit het, klop hy nie. Hy het nie nodig om te klop nie, want ons hou maaltyd, en as ons maaltyd hou vloei daar iets uit die maaltyd uit, en dit is wat Open 3:21 sê, dan sal gesag die noodwendige gevolg van ons lewe wees. Gesag oor al die mag van die vyand, volgens 1 Joh 5:18 "die duiwel het aan hom geen vat nie. Die Troonkamer lê anderkant die Eetkamer. Ek moet eers met Hom kan maaltyd hou voordat ek in Gesag sal kom.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


26 April 2015

Ons skeppingsdoel - God se liefde in ons

Jan deel met ons oor (1 Kor 13:1 & 2 )"Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


19 April 2015

Time for action!

Johann moedig ons aan om in aksie te kom. (1 Tim 4:6 ) "voed jou met woorde van die geloof..."1 Kor 10:9 & 10 in die Mirror vertaling: "Grumbling sets up the stage for the enemy to snake you! and "Grumbling is a killer!" (Heb 5:12) 'Want hoewel julle vanwee die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.'

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


12 April 2015

Gesag wat rondlê

Jan deel met ons oor gesag wat rondlê. Die vyand wil gesag uitoefen op aarde- Waar's die gesag - (by ons). Hy moet ons gesag tap om in gesag te wees, nou produseer hy die omstandighede, en ek en jy kyk na die omstandighede i.p.v. dat ons kyk soos een wat die onsienlike sien. Ons bevestig met ons monde op grond van ons persepsie omdat ons oog op die verkeerde plek is, presies dit wat die vyand wil hê, en ons word eintlik sy belangrikste instrument in sy hand, waarmee hy ons wil vernietig. As ons verstaan wat die werk van geloof is kan ons die gesag terug vat. God se Gees wys ons wanneer ons met salwing werk,(en salwing kom van binne af), dat Salwing die bonatuurlike vermoë van God is, wat groter is as ek, en as ek in salwing lewe, dan gaan die salwing die juk breek, en die gesag van die vyand kanselleer. Jak 4 :7 "Onderwerp julle dan aan God, weerstaan die duiwel, en hy sal van  julle wegvlug." Efes 6:12 "Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie..."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


05 April 2015

Werk (Doen) vs Werk (Wees)

Die betekenis van Paasfees gaan oor Jesus het opgestaan. Sy opstanding is die bewys dat die prys betaal is, Sy opstanding is die bewys dat God in Sy rus is, dat God sê dis voltooi, en as ek en jy sy opstanding verstaan, dan's ons in Sy rus. Jan deel oor Jakobus se "Geloof sonder werke" (Jak 2 :17) in konteks gelees. Wanneer is werke 'n doen en wanneer is werke 'n vrug? God het gesê "wees" en die duiwel het gesê "doen". As ons in doen verval , verval ons in werke. Werke en "doen" is presies dieselfde ding.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


29 Maart 2015

Salving vs juk

God se hart vir jou is LEWE en OORVLOED, solank as wat jy op die vlees vertrou, kan jy dit nie sien nie. As jy dit nie kan sien nie, kan jy nie daar in gaan nie. Hoe gaan ek daarin? As ek toelaat dat God my dit wys. Die salwing kom soos die parskuip (van my denke) vol word. Hoe word die parskuip vol? Deur "hy wat in My Woord bly, hy sal die Waarheid ken, en Die Waarheid sal die juk laat afgly.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 Maart 2015

Hoe kry ons die salwing van die Here

Jan verwys na Jes 10:27 "En in die dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanwee die vettigheid.(salwig)" Die juk waarmee ons spook is die omstandighede. Salwing is die vloei van die krag (die vermoe van God se Gees). Salwing is die manifistasie van God se belofte deurdat my gedagtes in die 1ste plek versadig is met God se gedagtes. God se gedagte is vrede nie onheil nie, dan kan ek werklik fisies die hoopvolle toekoms in my arms gryp en myne maak.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


15 Maart 2015

Waarna kyk jy en wat sien jy

André moedig ons aan om net aan te hou inkyk in Sy Aangesig,en nie tyd te mors en te verkwis met die krom en verdraaide wêreld daarbuite nie. Met 'n begeerte om te bly inkyk na die onsigbare, dis die enigste manier om te kan heers.( 2 Kor 4:18 en Kol 2:8. ) Deut 30:19 "Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die sëen en die vloek het ek jou voorgejou. Kies dan die LEWE, dat jy kan LEWE,jy en jou nageslag."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


08 Maart 2015

Die lewe gaan oor keuses

Daniel deel met ons oor die keuses waaroor die lewe gaan.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


01 Maart 2015

Om in Christus te wees

Piet deel met ons oor alles wat nuut geword het.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 Februarie 2015

Gespoor met God se woord

André deel met ons oor die woord van Moses en die Woord van God. Psm.36:10 "Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die lig." As my gedagtes gespoor is in God se Woord dan maak dit vir my lig.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)



15 Februarie 2015

Die oorwinningslewe!

Jan deel met ons oor Fil 1:9 "Ek bid dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring" Ps 112:1 "Welgeluksalig is die man wat die Here vrees."
Hy moedig ons aan om in te skryf by die Gimnasium van die Woord, mens bou slegs spiere (geestelik) deur saam te oefen ! Raak fiks in die Woord!!

Die MP3 kan hier gekry word.

(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


08 Februarie 2015

Welgeluksalig

Jan deel met ons oor Psalm 112:1 - 10 "Welgeluksalig (esher) is die man wat die Here vrees, wat 'n groot welbehae in sy gebooie (woord) het. Vers 8 " Vas is sy hart , hy vrees nie, totdat hy op sy teëstanders ( nie mense nie) neersien.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


01 Februarie 2015

Die sleutels tot die oorwinningslewe (2)

Jan deel met ons oor Fil 1:9 "En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer mag word in kennis(Grieks = epignosis) en alle ervaring. (Grieks = ahistesis).

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


Gmeente

Toets jou posisie: Gemeente is
Om te behoort - die bewustheid van ek behoort hier!
'n Dissipel te wees van die boodskap van gemeente!
Verhouding - met Vader en met mekaar!
Eienaarskap te kan aanvaar
Betrokke te wees!
'n Getuie te wees na buite deur wat ek sê, hoe ek optree en wat ek doen!
Ek verteenwoordig die gemeente!

25 Januarie 2015

Die sleutels tot die oorwinningslewe - Om die jaar van God se welbehae te ontsluit!

Jan deel met ons oor die twee sleutels tot 'n oorwinningslewe naamlik Kennis & Ervaring.
(Fil 1:9-11) En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand 'n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


11 Januarie 2015

2015 'n Jaar van rus (2)

Jan deel met ons oor Fil 2:9 - 11."Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van die Vader."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


04 Januarie 2015

2015 'n Jaar van rus

Jan deel met ons oor Heb 4:11 & 12...."Laat ons ons dan beywer om in te gaan in die rus sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid val nie! Want die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en Gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die gedagtes en oorlegginge van die hart."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)