Wys tans plasings met die etiket Henda Brand. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Henda Brand. Wys alle plasings

20 Maart 2016

Vernuwing is gelyk aan visie

Wat ons sien en hoe ons onsself sien bepaal ons rigting en ons lewe. Ons het die voorreg om soos hy te sien en daarvolgens te lewe. Christus in ons die hoop op heerlikheid. Kom ons vernuwe ons denke sodat ons anders dink en praat. My begeerte is 'n lewende verhouding met die lewende God sodat lewende water uit my binneste vloei wat 'n positiewe verskil gaan maak met wie ek ookal te doen het!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 November 2015

Die salwing vloei vanuit intimiteit

Henda bevestig ons identiteit in Christus. Hoe oortuig is ek van my identiteit? Waar lê jou gesag? Gee jy dit weg? Bevestig deur intimiteit jou gesag! Efes 5:27 sê jy’s heilig, sonder gebrek, sonder vlek of rimpel, so staan jy voor die Here. Glo ons dit? Dis hoe God jou sien. Wees oortuig dat jy onskuldig is. Exodus 4:12 "GAAN dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees, en jou leer wat jy moet sê."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


07 Junie 2015

Maak dit amptelik

Henda deel met ons oor wanneer ek en jy geanker is in Jesus Christus, kan die houe wat kom (die omstandighede wat kom) ons nie omgooi nie, want ons huis/voete staan op die rots; Jesus Christus. Maak dit amptelik om te se; ek is kind van God, ek stap 'n pad met Hom, Hy's die koning van my hart. Hy's die koning van my lewe, en ek buig my knie onder Sy gesag. ek gaan nie kompromeer met die wêreld nie. Kompromie verlam jou, en kompromie trek die mat onder jou gesag uit. (Rom 1:16 ) "want ek skaam my nie oor die evangelie (goeie nuus) van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


20 Julie 2014

Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is?

Henda deel met ons oor Gen 3:11.En Hy sê "Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?" (Hand 17:28 ) In Hom lewe ons beweeg ons en is ons. (Kol 1:28) Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in wysheid onderrig om elke mens volmaak in Christus voor te stel.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)