Wys tans plasings met die etiket Piet Jacobs. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Piet Jacobs. Wys alle plasings

06 September 2015

Waar bevind jy jou op die pad van herstel

Piet Jacobs deel met ons oor waar bevind jy jou op die pad van herstel?
Hy deel oor die 7 V's naamlik:
Verlore
Verlos
Vergifnis
Versoening
Vernuwing
Verander
Verruil
Rom 12:1 & 2 "Ek vermaan julle dan, broeders(sussies), by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer - dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef(bewys) wat die goeie welgevallige en volmaakte wil van God is.
(2 Kor 5:20) Ons is gesante van Christus.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


01 Maart 2015

Om in Christus te wees

Piet deel met ons oor alles wat nuut geword het.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


26 Oktober 2014

Waaraan is jy geanker?

Piet deel met ons oor 2 Pet 1:3 en verder. "Immers, Sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur Sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare belofte geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


25 Mei 2014

Jesus, a Life changing experience

Piet Jacobs deel met ons oor die oorvloedslewe wat beskikbaar is vir elkeen van ons. 2 Kor 5:17/21. " want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom." 1 Kor 6:20 Julle is duur gekoop, verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort. 'n Koop finaal afgehandel - losgekoop - bekragtig -'n gees v Wysheid - Openbaringskennis v Hom.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


11 Augustus 2013

Jesus, a life changing experience

Piet Jacobs deel oor dat Jesus bring 'n radikale verandering .(2 Kor 5: 21) Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word die geregtigheid van God in Hom. Volgens Efes 1:13 "in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het,verseël is met die Heilige Gees van die belofte

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


12 Mei 2013

The inside Story

Piet deel met ons oor "The Inside Story" en Efs 1:9 "deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)