13 Julie 2014

Dood en lewe lê in die mag van die tong (3)

Jan deel verder oor die mag van die tong. Joh 14:6 "Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom tot die Vader behalwe deur my nie. (Joh 8:32) en 3 Joh 1:3"...ek was baie bly toe daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel."
Die uitdaging is "wat is die integriteit van jou/my woord ?"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


06 Julie 2014

Dood en lewe lê in die mag van die tong (2)

Jan bevestig met ons Spreuke 18:21. Die tong van my is in staat om my hele lewe te stuur. Om die skip van my lewe, van my huishouding, die skip van my huwelik, die skip van verhoudings; die skip van Gemeente, te stuur. Uiteindelik wat vat ons saam met ons, as ons uit hierdie lewe uitgaan? Ons vat saam die lewe wat ons geskep het. Waarmee skep ons dit? Met ons mond. (Joh 7:38) en Eseg 47:7 & 11)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


29 Junie 2014

Dood en lewe lê in die mag van die tong

Jan deel met ons (Spreuke 18:21) "dood en lewe lê in die mag van die tong en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." asook (Jak 1:26). Jy sien, ek en jy het nodig om onsself die reg te ontsê van dit wat ek myself geoorloof geag het; maar eintlik nog altyd geweet het, diep in my hart; hierdie ding pas nie.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 Junie 2014

Laat die wat dors het kom

Jan deel met ons Jes 55:1 " O almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


15 Junie 2014

Ek kort niks

Jan deel met ons oor Psm 23. "Ek kort niks" Daar is iets wat ons moet raaksien hier; van wat dit beteken om niks te kort nie. Om niks te kort nie, is om op die plek te wees, waar die tekort nie meer saak maak nie. Dit beteken nie, dat my huwelik uitgesorteer is nie; dit beteken ook nie my finansies is in plek nie; dit beteken ook nie dat die genesing al gemanifisteer het in my liggaam nie, maar hier waar ek nou is, hier kort ek NIKS.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


08 Junie 2014

Maak kontak met God

André bevestig hoe om met God te kommunikeer. As ons vasgevang word in die gejaag van die wêreld, hoor on nie God se "ringtone" nie. God het alles moontlik gemaak sodat ons in verbinding kan kom met Hom; om afstand te oorkom. Die eerste vereiste om in te gaan is vrymoedigheid. Dit maak nie saak hoe ons lofprys nie, God is klaar beindruk met ons. (Rom 12:1) (Hand 3:19)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


01 Junie 2014

Laat dit wees soos jy glo

Daniël deel met ons oor WAT ons glo. (Mat 8:13) Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy GEGLO het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur. God se hart vir ons is "'n change of hart & mind" METANOIA - 2 Pet 3:9 nie net 'n "change of mind " nie (METANOIO)


Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)