12 April 2015

Gesag wat rondlê

Jan deel met ons oor gesag wat rondlê. Die vyand wil gesag uitoefen op aarde- Waar's die gesag - (by ons). Hy moet ons gesag tap om in gesag te wees, nou produseer hy die omstandighede, en ek en jy kyk na die omstandighede i.p.v. dat ons kyk soos een wat die onsienlike sien. Ons bevestig met ons monde op grond van ons persepsie omdat ons oog op die verkeerde plek is, presies dit wat die vyand wil hê, en ons word eintlik sy belangrikste instrument in sy hand, waarmee hy ons wil vernietig. As ons verstaan wat die werk van geloof is kan ons die gesag terug vat. God se Gees wys ons wanneer ons met salwing werk,(en salwing kom van binne af), dat Salwing die bonatuurlike vermoë van God is, wat groter is as ek, en as ek in salwing lewe, dan gaan die salwing die juk breek, en die gesag van die vyand kanselleer. Jak 4 :7 "Onderwerp julle dan aan God, weerstaan die duiwel, en hy sal van  julle wegvlug." Efes 6:12 "Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie..."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


05 April 2015

Werk (Doen) vs Werk (Wees)

Die betekenis van Paasfees gaan oor Jesus het opgestaan. Sy opstanding is die bewys dat die prys betaal is, Sy opstanding is die bewys dat God in Sy rus is, dat God sê dis voltooi, en as ek en jy sy opstanding verstaan, dan's ons in Sy rus. Jan deel oor Jakobus se "Geloof sonder werke" (Jak 2 :17) in konteks gelees. Wanneer is werke 'n doen en wanneer is werke 'n vrug? God het gesê "wees" en die duiwel het gesê "doen". As ons in doen verval , verval ons in werke. Werke en "doen" is presies dieselfde ding.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


29 Maart 2015

Salving vs juk

God se hart vir jou is LEWE en OORVLOED, solank as wat jy op die vlees vertrou, kan jy dit nie sien nie. As jy dit nie kan sien nie, kan jy nie daar in gaan nie. Hoe gaan ek daarin? As ek toelaat dat God my dit wys. Die salwing kom soos die parskuip (van my denke) vol word. Hoe word die parskuip vol? Deur "hy wat in My Woord bly, hy sal die Waarheid ken, en Die Waarheid sal die juk laat afgly.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 Maart 2015

Hoe kry ons die salwing van die Here

Jan verwys na Jes 10:27 "En in die dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanwee die vettigheid.(salwig)" Die juk waarmee ons spook is die omstandighede. Salwing is die vloei van die krag (die vermoe van God se Gees). Salwing is die manifistasie van God se belofte deurdat my gedagtes in die 1ste plek versadig is met God se gedagtes. God se gedagte is vrede nie onheil nie, dan kan ek werklik fisies die hoopvolle toekoms in my arms gryp en myne maak.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


15 Maart 2015

Waarna kyk jy en wat sien jy

André moedig ons aan om net aan te hou inkyk in Sy Aangesig,en nie tyd te mors en te verkwis met die krom en verdraaide wêreld daarbuite nie. Met 'n begeerte om te bly inkyk na die onsigbare, dis die enigste manier om te kan heers.( 2 Kor 4:18 en Kol 2:8. ) Deut 30:19 "Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die sëen en die vloek het ek jou voorgejou. Kies dan die LEWE, dat jy kan LEWE,jy en jou nageslag."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


08 Maart 2015

Die lewe gaan oor keuses

Daniel deel met ons oor die keuses waaroor die lewe gaan.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


01 Maart 2015

Om in Christus te wees

Piet deel met ons oor alles wat nuut geword het.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)