Jan deel met ons oor Efes 5:16 - 17 "Ontwaak jy wat slaap en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. Pas dan op dat julle nougeset wandel nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is." Dit is so maklik dat ons lewe, sonder om te "LEEF". Ons lewens is afgemeet, wat maak ons daarmee?
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
17 Mei 2015
10 Mei 2015
Gees vaardighede
André deel met ons oor hoe om ons voor te berei teen die aanslae wat op ons pad mag kom. 1 Pet 3:15 "Maar heilig (purify) die Here God in julle harte (denke) en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen (alles) wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees." (1 Pet 5:8) "Wees nugter en waaksaam want julle teëstander, die duiwel loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind."
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
03 Mei 2015
Die eetkamer is die deurgang tot die troonkamer
As ons alles saamvat kom ons net na een ding terug, en dit is God soek intimiteit. God het ons gemaak vir intimiteit met Hom, Hy wag vir jou, hy staan by die deur en hy klop. Solank hy by die deur staan en klop, het ek nie intimiteit nie, maar terwyl ek intimiteit het, klop hy nie. Hy het nie nodig om te klop nie, want ons hou maaltyd, en as ons maaltyd hou vloei daar iets uit die maaltyd uit, en dit is wat Open 3:21 sê, dan sal gesag die noodwendige gevolg van ons lewe wees. Gesag oor al die mag van die vyand, volgens 1 Joh 5:18 "die duiwel het aan hom geen vat nie. Die Troonkamer lê anderkant die Eetkamer. Ek moet eers met Hom kan maaltyd hou voordat ek in Gesag sal kom.
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
26 April 2015
Ons skeppingsdoel - God se liefde in ons
Jan deel met ons oor (1 Kor 13:1 & 2 )"Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
19 April 2015
Time for action!
Johann moedig ons aan om in aksie te kom. (1 Tim 4:6 ) "voed jou met woorde van die geloof..."1 Kor 10:9 & 10 in die Mirror vertaling: "Grumbling sets up the stage for the enemy to snake you! and "Grumbling is a killer!" (Heb 5:12) 'Want hoewel julle vanwee die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.'
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
12 April 2015
Gesag wat rondlê
Jan deel met ons oor gesag wat rondlê. Die vyand wil gesag uitoefen op aarde- Waar's die gesag - (by ons). Hy moet ons gesag tap om in gesag te wees, nou produseer hy die omstandighede, en ek en jy kyk na die omstandighede i.p.v. dat ons kyk soos een wat die onsienlike sien. Ons bevestig met ons monde op grond van ons persepsie omdat ons oog op die verkeerde plek is, presies dit wat die vyand wil hê, en ons word eintlik sy belangrikste instrument in sy hand, waarmee hy ons wil vernietig. As ons verstaan wat die werk van geloof is kan ons die gesag terug vat. God se Gees wys ons wanneer ons met salwing werk,(en salwing kom van binne af), dat Salwing die bonatuurlike vermoë van God is, wat groter is as ek, en as ek in salwing lewe, dan gaan die salwing die juk breek, en die gesag van die vyand kanselleer. Jak 4 :7 "Onderwerp julle dan aan God, weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Efes 6:12 "Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie..."
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
05 April 2015
Werk (Doen) vs Werk (Wees)
Die betekenis van Paasfees gaan oor Jesus het opgestaan. Sy opstanding is die bewys dat die prys betaal is, Sy opstanding is die bewys dat God in Sy rus is, dat God sê dis voltooi, en as ek en jy sy opstanding verstaan, dan's ons in Sy rus. Jan deel oor Jakobus se "Geloof sonder werke" (Jak 2 :17) in konteks gelees. Wanneer is werke 'n doen en wanneer is werke 'n vrug? God het gesê "wees" en die duiwel het gesê "doen". As ons in doen verval , verval ons in werke. Werke en "doen" is presies dieselfde ding.
Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)
Teken in op:
Plasings (Atom)