14 Junie 2015

Die nuwe testamentiese gemeente

Jan deel met ons oor "DIE NUWE TESTAMENTIESE GEMEENTE" Baie kinders loop met die Here 'n pad, maar hulle is nie in pas met Hom nie. Elkeen van ons is in God se hart geskryf, of ons in pas, of uit pas is. God het ons ewe lief, selfs as ek uit pas uit is, het Hy my lief. 2 Kor 2:15 "Want ons is 'n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan."Wat vir elke mens kan sê ...jy's waardig, omdat Christus jou waardig gemaak het. (Heb 5:12) Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.


Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


07 Junie 2015

Maak dit amptelik

Henda deel met ons oor wanneer ek en jy geanker is in Jesus Christus, kan die houe wat kom (die omstandighede wat kom) ons nie omgooi nie, want ons huis/voete staan op die rots; Jesus Christus. Maak dit amptelik om te se; ek is kind van God, ek stap 'n pad met Hom, Hy's die koning van my hart. Hy's die koning van my lewe, en ek buig my knie onder Sy gesag. ek gaan nie kompromeer met die wêreld nie. Kompromie verlam jou, en kompromie trek die mat onder jou gesag uit. (Rom 1:16 ) "want ek skaam my nie oor die evangelie (goeie nuus) van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


31 Mei 2015

God se droom - 'n intieme verhouding met Hom

Jan deel met ons oor God se droom ('n intieme verhouding met Hom) Jer 33:9 "En die sal vir My wees 'n vreugdevolle roem, 'n Lof en 'n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en die vrede wat ek daaraan bewys!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


27 Mei 2015

Geregtigheid bring 'n nuwe opvoedingsperspektief

Johan bevestig aan ons die Geregtigheids boodskap aan die hand van die "Lion King" verhaal, en die toepassing daarvan in ouerskap. (Jerm 1:18) Want kyk, Ek maak jou vandag 'n versterkte stad en 'n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


17 Mei 2015

Koop die tyd uit

Jan deel met ons oor Efes 5:16 - 17 "Ontwaak jy wat slaap en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. Pas dan op dat julle nougeset wandel nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is." Dit is so maklik dat ons lewe, sonder om te "LEEF". Ons lewens is afgemeet, wat maak ons daarmee?

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


10 Mei 2015

Gees vaardighede


André deel met ons oor hoe om ons voor te berei teen die aanslae wat op ons pad mag kom. 1 Pet 3:15 "Maar heilig (purify) die Here God in julle harte (denke) en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen (alles) wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees." (1 Pet 5:8) "Wees nugter en waaksaam want julle teëstander, die duiwel loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


03 Mei 2015

Die eetkamer is die deurgang tot die troonkamer

As ons alles saamvat kom ons net na een ding terug, en dit is God soek intimiteit. God het ons gemaak vir intimiteit met Hom, Hy wag vir jou, hy staan by die deur en hy klop. Solank hy by die deur staan en klop, het ek nie intimiteit nie, maar terwyl ek intimiteit het, klop hy nie. Hy het nie nodig om te klop nie, want ons hou maaltyd, en as ons maaltyd hou vloei daar iets uit die maaltyd uit, en dit is wat Open 3:21 sê, dan sal gesag die noodwendige gevolg van ons lewe wees. Gesag oor al die mag van die vyand, volgens 1 Joh 5:18 "die duiwel het aan hom geen vat nie. Die Troonkamer lê anderkant die Eetkamer. Ek moet eers met Hom kan maaltyd hou voordat ek in Gesag sal kom.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)