14 Februarie 2016

Aan sulkes behoort die koningkryk!

Jesus sê: Laat die kindertjies na My toe kom.
....aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

Kinders is absoluut onskuldig en daarom ook vrymoedig. Die openbaring van ons onskuld voor God op grond van die offer van Sy Seun gee vir ons die vrymoedigheid nodig vir verhouding. Dit is uit so 'n verhouding dat gesag (koninkryk) vloei.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


07 Februarie 2016

Visie (5) - Opsomming

Opsomming: "SIEN JOUSELF SOOS GOD JOU SIEN" Sien jouself binne God se visie , sien jouself as deel van 'n Gemeente wat besig is met God se visie. Vind jou hierin, wees beskikbaar, betrokke, verantwoordelk, toegewy, word 'n bemarker, laat God toe om dit met jou te doen en jy sal sien hoedat die volwassenheid en die getuienis, en die leierskap en die prediking in jou opstaan, hoedat jy God se stem hoor en hoedat jy God se stem word, en hoedat God Sy doel kan bereik, dat die gemeente, dat ons gemeenskap vol sal word van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem bedek.(Hab 2:14)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


03 Februarie 2016

Visie (4) - Getuies & Leiers

Ons gaan voort om die visie van gemeente te definieer. Die instrument wat God gebruik om Sy doel te bereik is die gemeente - Efes 3:10. In die gemeente ontwikkel Hy die volwasse man, getuies, leiers, gesante (predikers) en so word gemeente God se stem op aarde. God het ons bemagtig tot ver bo wat ons kan bid of dink - ons het slegs nodig om te sien soos Hy sien! Wanneer ons beskikbaar is, dan sal Suid Afika vol word van die kennis van die HEERLIKHEID VAN DIE HERE, soos die waters die aardbodem bedek (Hab 2:14).

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


24 Januarie 2016

Visie (3) - Geestelik volwasse

Ons praat steeds oor visie. Wat sien ons in die toekoms? As gemeente en individue het ons nodig om te sien soos en wat God sien. God sien nie aan wat voor oë is nie, Hy sien die hart aan. Sy oë deurloop die aarde om diegene kragtig te steun wie se harte onverdeeld op Hom gerig is (2 Kron 16:9) God weet dat Sy doel bereik kan word in elke mens wat sy/haar hart onverdeeld op God rig. God kan so iemand se visie lig om Sy visie te akkomodeer.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


17 Januarie 2016

Visie 2

Ons gaan voort om die visie van gemeente te definieer (Hab 2:14). Die instrument wat God gebruik om Sy doel te bereik is die gemeente - Efes 3:10. In die gemeente ontwikkel Hy die volwasse man, getuies, leiers, gesante (predikers) en so word gemeente God se stem op aarde. God het ons bemagtig tot ver bo wat ons kan bid of dink - ons het slegs nodig om te sien soos Hy sien!

 Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


10 Januarie 2016

Visie

Die visie van gemeente wees moet uiteraard ooreenstem met dit wat God sien vir die gemeente. Hab 2:14 "Die aarde sal vol wees van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem bedek." Heerlikheid verwys na God se oorspronklike bedoeling. Die eerste "aarde" is elke individu se denke en persoonlike lewe, daarna die gemeente se denkwyse as geheel en vandaar na die mense rondom ons en verder!

God se bedoeling is dat almal sal kom tot die volwasse man, besig met hul dienswerk en dat die gemeentelede waarlik gestuuurdes sal wees met die getuienis van ons lewens. Dit sal van almal van ons dissipelmakers maak!


Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


03 Januarie 2016

Wysheid sal in jou hart kom

Die visie van gemeente is om saam met God te sien dat die aarde vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem bedek.(Hab 2:14)

Dit begin by my. My denke is die "aarde" wat vol word met God se heerlikheid (Sy oorspronklike plan met die mens.) Die eerste "aarde" is my denke, dan my huis, my besigheid, en die gemeente.

Hierdie oortuiging kom vanaf die oortuiging van vergifnis. Vergifnis gee vir ons onskuild. Saam met onskuld kom vrymoedigheid, gevolg deur die bevestiging van verhouding. Verhouidng (huwelik met Hemelse Bruidegom) bring my by intimiteit (liefdespel) waarin saadoordrag en bevrugting plaasvind. Bevrugting lei tot swangerskap en uiteindelik geboorte. Die liefdespel hoef nie tydens die swangerskap op te hou nie, geniet die liefdespel met God - dit bring wysheid, lankmoedigheid en vervulling selfs voordat die beloftes manifesteer. Dit bring uiteindelik die vervulling van die beloftes.


Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)