25 Augustus 2013

Gesag - outoriteit

André deel met ons oor Geestelike Gesag. God skep die mens met gesag. Die mens as heerser het geen skaamte,geen minderwaardigheid,geen gebrek aan vrymoedigheid nie. Daar is geen vreesagtigheid, geen bekommernis/stress en geen gebrek aan enige iets nie. Die mens twyfel nie oor God se karakter nie. 
Mat 7: 29 - want Hy het hulle geleer soos iemand wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

Ek is...
  • 'n nuwe skepsel
  • die beeld van God
  • geheilig
  • sonder vlek of rimpel
  • reg vir God 
  • 'n kind van God
  • 'n gesant om Christus ontwil, asof God deur my vermaan
  • God se gesag op aarde, om te regeer!!
  • God se koninkryk op aarde!!
Laat ons wees!!

André het die slide show gebruik

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


11 Augustus 2013

Jesus, a life changing experience

Piet Jacobs deel oor dat Jesus bring 'n radikale verandering .(2 Kor 5: 21) Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word die geregtigheid van God in Hom. Volgens Efes 1:13 "in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het,verseël is met die Heilige Gees van die belofte

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


04 Augustus 2013

Om te wees... Sonder vrees

Vanoggend se tema is : Om te wees....sonder vrees! en hoe om te volhard. (Jak 1:2&3) Ag dit louter vreugde, my broeders wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof leidsaaheid bewerk. Maar die leidsaamheid moet tot volle verwerkliking kom sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


28 Julie 2013

Om te wees! Nog steeds

Jan vervolg met die tema van "Om te wees". Hy verwys na Luk 5 : 36 (Niemand sit 'n lap van 'n nuwe kleed op 'n ou kleed nie, anders skeur dit die nuwe ook, en lap wat van die nuwe kom, pas nie by die oue nie..En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie, anders sal die nuwe wyn die ou sake skeur, en dit sal uitloop en die sake sal vegan...

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


21 Julie 2013

Bekeer julle

Jan deel met ons oor die ou Testamentiese betekenis v/d woord "bekeer" vs die Nuwe testamentiese betekenis van "bekeer" sodat ek kan wees wie Hy my gemaak het. (Hand 2:38)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


14 Julie 2013

Wedergeboorte vs. Geesgeboorte

Jan deel met ons oor 1 Pet.1:3 " Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


07 Julie 2013

Doen van geregtigheid

Johann deel met ons oor 1 Johannes 3:6 & 7. Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie. My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)