28 Desember 2014

2014 Was dit 'n aanjaar of 'n afjaar?

Jan vra ons oppinie oor wat Pilatus gesê het: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus?"

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


21 Desember 2014

Die simptome van 'n herstelde verhouding

Jan deel met ons oor Gal 5:1 "Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie." en Gal 5:22 "Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


14 Desember 2014

Die werking van die Liefde

Jan deel met ons oor Eph 4:11-13 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


07 Desember 2014

Die liefde van God - in ons harte uitgestort

Jan deel met ons oor Rom 5:1-10. Kan jy vir 'n oomblik stop en sê: Here U vermoë in my, is groter as hierdie aanslag. U genesing in my is groter as die diagnose. U vermoë in my is groter as die aanslag op my huwelik, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


30 November 2014

Ons roem in die hoop

Jan deel met ons oor (Rom 5:1-5) "Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God. En nie alleeen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is - deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


23 November 2014

Ervaar vs Glo

Johann deel met ons oor ervaar versus glo. (1 Kor 10:13) in Mirror Bible: "Your situation is not unique! Every human life faces contradictions! Here is the good news: God believes in your freedom! He has made it possible for you to triumph in every situation that you will ever encounter!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


16 November 2014

Ontdek jouself in God se spieël - Ontdek God in jou spieël.

Francois du Toit deel met ons oor die vleeswording van die Woord. "Wanneer die Gees van Waarheid Sy sin met ons kry,maak die waarheid ons vry om met ge-opende oë in die spieël te kyk. Daar sien ons in die refleksie van onsself, in plaas van die mislukte pogings van die mens onder die Ou Verbond,die volmaakte herskepping van God se oorspronklike gedagte met die mens (na Sy beeld en gelykenis) in die herskepping wat plaasgevind het in die opstanding van die Seun van God uit die dood!" (2 Kor 3:17 & 18)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)