29 Maart 2015

Salving vs juk

God se hart vir jou is LEWE en OORVLOED, solank as wat jy op die vlees vertrou, kan jy dit nie sien nie. As jy dit nie kan sien nie, kan jy nie daar in gaan nie. Hoe gaan ek daarin? As ek toelaat dat God my dit wys. Die salwing kom soos die parskuip (van my denke) vol word. Hoe word die parskuip vol? Deur "hy wat in My Woord bly, hy sal die Waarheid ken, en Die Waarheid sal die juk laat afgly.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 Maart 2015

Hoe kry ons die salwing van die Here

Jan verwys na Jes 10:27 "En in die dag sal sy las afgly van jou skouer en sy juk van jou nek, en die juk sal tot niet raak vanwee die vettigheid.(salwig)" Die juk waarmee ons spook is die omstandighede. Salwing is die vloei van die krag (die vermoe van God se Gees). Salwing is die manifistasie van God se belofte deurdat my gedagtes in die 1ste plek versadig is met God se gedagtes. God se gedagte is vrede nie onheil nie, dan kan ek werklik fisies die hoopvolle toekoms in my arms gryp en myne maak.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


15 Maart 2015

Waarna kyk jy en wat sien jy

André moedig ons aan om net aan te hou inkyk in Sy Aangesig,en nie tyd te mors en te verkwis met die krom en verdraaide wêreld daarbuite nie. Met 'n begeerte om te bly inkyk na die onsigbare, dis die enigste manier om te kan heers.( 2 Kor 4:18 en Kol 2:8. ) Deut 30:19 "Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die sëen en die vloek het ek jou voorgejou. Kies dan die LEWE, dat jy kan LEWE,jy en jou nageslag."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


08 Maart 2015

Die lewe gaan oor keuses

Daniel deel met ons oor die keuses waaroor die lewe gaan.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


01 Maart 2015

Om in Christus te wees

Piet deel met ons oor alles wat nuut geword het.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 Februarie 2015

Gespoor met God se woord

André deel met ons oor die woord van Moses en die Woord van God. Psm.36:10 "Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die lig." As my gedagtes gespoor is in God se Woord dan maak dit vir my lig.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)



15 Februarie 2015

Die oorwinningslewe!

Jan deel met ons oor Fil 1:9 "Ek bid dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring" Ps 112:1 "Welgeluksalig is die man wat die Here vrees."
Hy moedig ons aan om in te skryf by die Gimnasium van die Woord, mens bou slegs spiere (geestelik) deur saam te oefen ! Raak fiks in die Woord!!

Die MP3 kan hier gekry word.

(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)