27 Desember 2015

Lydsaamheid

Heb 10:36 .."Nadat ons die wil van God gedoen het, het ons lydsaamheid nodig om die beloftes te verkry (gemanifesteerd te sien in my lewe)

Die wil van God is om die Een te glo wat God gestuur het. (Joh 6:36) Wat glo ons? Die absoluutheid van ons vergifnis. Die oortuiging (om te glo) van die grootsheid en tydloosheid van God se vergifnis verdwerg elke siekte, gebrek, tekort en aanslag wat ons hier kan ondervind.

Moenie nog goed soek om te doen nie. Glo en geniet die liefdespel met God terwyl die uurglas op die probleme uitloop en net vergifnis; wat genesing en alle ander seeninge ontsluit, in ons lewens oorbly.


Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


20 Desember 2015

Die blywende langtermyn oplossing

Die afdwing en toepassing van 'n / die wet is die maklike en vinnige wyse om dissipline af te dwing. Die dryfkrag is die vrees vir straf. Liefde werk nie deur vrees nie. Daarom het Jesus die straf kom dra. Liefde werk deur keuse en laat tyd toe vir die uitoefen daarvan. Liefde soek 'n hartsverandering, werk nie met dwang nie, trek met koorde van goedertierenheid. Dissipline so verkry is blywend en is nie vertoon soos in die vreesmodel nie. Net so is die beloftes van God. Die vinnige maklike pad is om iemand met salwing te kry om hande op te le. Die blywende stadiger oplossing is vir elkeen om te kom tot die volwasse man! Naby jou is die Woord, in jou mond en in jou hart. (Rom. 10:8)

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


15 Desember 2015

Die ware teenoor die valse

Ons is bevoorreg om nog ʼn nuweling babaseuntjie in die gemeente te verwelkom. Ons seën babas deur te bevestig dat hulle , soos elkeen van ons die produkte is van die Seun se sterwe en opstanding wat die mens se status voor God verander het van sondaar na regverdig. Daarteenoor verbind die kinderbesprinkeling babas aan die val van Adam. Met die ware doop waaroor elke gelowige self besluit, identifiseer gelowiges hulle met die offer van Jesus! Hierdie offer sluit alles in - elke moontlike belofte wat God gemaak het. - Jesus is God se ja daarop. As ons Israel volg op hulle uittog lees ons dat God Moses by geleentheid opdrag gee om die rots te slaan- waaruit daar genoeg water gevloei het om almal te laat drink. (Exodus 17:6) Paulus verklaar in 1 Kor. 10 dat die Rots Christus was. Daarom dat God by die volgende geleentheid vir Moses opdrag gee om met die Rots te praat. Die Rots kan nie 'n tweede keer geslaan word nie! Een offer was genoeg!! Moses slaan egter weer die rots. (Num 20:11) Dit kos hom die beloofde land! Hierdie voorbeeld het n direkte toepassing op ons lewens vandag!

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


06 Desember 2015

Die verborgenhede van God geopenbaar

Die verborgenheid van God geopenbaar. Paulus beskryf hierdie verborgenheid as 1. Die heidene is mede-erfgename, deelgenote en medelede van Christus – dus 'n nuwe nasionaliteit. Ons burgerskap is nie van ras, taal of kultuur nie, maar op grond van geloof in die voltooide werk van Jesus Christus! Dit is die ware gemeente! 2. God se droom is dat nou deur die bogenoemde gemeente aan die owerhede en magte die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word (Efes 3:10). Dit gaan verder as wat die vlees kan waarneem - 1 Kor 2:9. In Efes 3:18 beskryf Paulus dit as die 4de dimensie - die van die Gees.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


29 November 2015

Dit is volbring

Jan deel met ons oor hoe bid ons nou en wat is gebed? Hoe om die ware jy te ontdek.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


22 November 2015

Die salwing vloei vanuit intimiteit

Henda bevestig ons identiteit in Christus. Hoe oortuig is ek van my identiteit? Waar lê jou gesag? Gee jy dit weg? Bevestig deur intimiteit jou gesag! Efes 5:27 sê jy’s heilig, sonder gebrek, sonder vlek of rimpel, so staan jy voor die Here. Glo ons dit? Dis hoe God jou sien. Wees oortuig dat jy onskuldig is. Exodus 4:12 "GAAN dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees, en jou leer wat jy moet sê."

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)


15 November 2015

Die implikasies van nuwe identiteit

Wat is jou posisie in die wêreld vandag, is jou posisie een van gelatenheid, ek moet maar berus en aanvaar of is jou posisie een van gesag van wat God ons gegee het? Geloof is nie om vir God te vra vir goed wat Hy moet doen nie. Geloof het 'n nuwe baadjie gekry. Geloof is om te aanvaar wat God gedoen het, dan beteken dit my vergifnis, genesing en die seën van God lê in die verlede. Al wat dan oorbly is " Die blydskap van die Here is my sterkte" Ons kan nou in Gesag optree, die Gesag wat Jesus vir ons verdien het, om te heers oor die mag van die vyand.

Die MP3 kan hier gekry word.
(Regs kliek en kies "Save as" om dit op jou rekenaar te save)